Sunday, February 8, 2009

Praat met jou berg


PRAAT MET JOU BERG

Dagstukkie deur Past Joel Osteen

Mat 21:21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.

Ons almal beleef tye wanneer die uitdagings van hierdie lewe voel of dit ons strot toedruk. Gedurende daardie tye word ons tog so maklik versoek om te praat oor hoe vrotsig dit met ons gaan. Dit mag wees dat een van ons dalk ‘n verdoemende mediese verslag ontvang het of ons kom te staan voor ‘n yslike finansieële dilemma, maar dit is so dat hoe meer ons oor ‘n saak bly praat hoe groter word dit in ons gedagtewêreld.
Ons raad is: “Slaan ysterkloue in die grond my maat!” Sê dit vir jouself: Nee, ek gaan nie lê nie! Nee, ek gaan nie die siekte oor myself spreek nie! Nee, ek gaan nie oor tekortkominge praat nie! Nee, ek gaan na geen bangmaakstorie luister nie!
Nee, ek verkies om ‘n gans ander verslag te hoor. Ek glo in God se verslag wat lui: Ek is geseënd, ek is word bevoordeel, ek is voorspoedig, ek is gesond, ek is heel, ek is ‘n oorwinnaar en nie ‘n armsalige slagoffer nie. (A victor and not a victim.)
Onthou net dit: Al sien jy nie nou hoe dinge ooit gaan uitwerk vir jou nie, GOD WEET HOE.
Praat met daardie berg van jou wat jou lewe versuur en verklaar oorlog teen dit en soek guns oor daardie omstandighede. Hier,s goeie raad. Instede daarvan om met God te praat oor hoe groot jou probleme is, praat liewer met jou probleme oor hoe groot jou God is.
Wanneer ons met daardie berg begin praat dan is dit asof dit begin beweeg en dit sal beweeg. En kort voor lank sal ons vorentoe gaan in die volslae oorwinning wat net God vir ons gereedgemaak het.

GEBED VIR VANDAG: Onse Hemelse Vader, dankie vir U Woord wat lewe is vir my siel. Ek ontvang U sterkte vandag en verkies om liewer met my berg te praat sodat ek kan voortgaan in oorwinning, daardie oorwinning wat U vir my gereed hou. In Jesus se lieflike Naam. Amen

Saturday, February 7, 2009


GEBED BEREI ONS VOOR OM SAAM MET GOD TE REGEER:

Dagstukkie deur Lowell Lundstrom

Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Luister nou baie mooi. Gebed is die manier waarop ons die duiwel se versoeking kan weerstaan. Net dit. Maar daarby is dit ook die manier waarop ons voorberei vir ons toekomstige rolle as mede-heersers saam met Jesus Christus.

Jesus het dan self ook gesê: Aan oorwinnaars sal posisies van leiers op Sy troon gegee word. Ons kyk meestal hierdie waarheid mis. Ons sondes is vergewe en ons weet ons is oppad hemel toe, maar wat ons nie besef nie is dat Jesus ons voorberei vir Sy troon.

Jesus het vir Sy dissipels vertel: Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

So het die apostel Johannes op die eiland Patmos ‘n visie gesien van ons toekomstige hemel. Luister wat skryf hy: Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Dink vir uself in, wat ‘n opwindende status – OM SAAM MET JESUS TE REGEER? Ja, met toegang tot al God se kennis en bronne en tyd.

Die apostel Paulus sê tereg: 1Korintiërs 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 1Korintiërs 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Wanneer ons besef dat ons finale bestemming/lot in die ewigheid die troon van God is, dat God ons voorberei om ‘n bewindvoerder saam met Jesus Christus te wees, dan, hoor hier, SAL ONS DIE BELANGRIKHEID VAN GEBED SIEN!

Ja, gebed berei ons voor vir ons posisie in die hemel. Ons gespook geestelike teenstand, maak ons wyser en sterker.

Onthou: Soos ons in gebed veg teen die vyande van duisternis, so word ons al beter toegerus vir die troon. Halleluja!!!

Friday, February 6, 2009

Vyf minute na die dood - Dr Isak Burger

Net iets kosbaars uit Dr Burger se boek:
Jy kan net vertel dat jy iemand ken as daardie persoon jou ook ken. Anders weet jy net van hom; jy ken hom nie! Ons praat mos nie die waarheid as ons vertel dat ons iemand ken, maar daardie persoon ken ons nie.
God het ons geskape en Hy weet van dat Hy so iemand geskape het, maar ken Hy jou? Onthou Hy het nie jou naam vir jou gegee nie, jou ouers het.
Die beste en veiligste manier om seker te maak dat God jou ken, is om familie van God te word. Dit is dan wanneer Hy ou Gerrie van Zyl, ou Koos van der Merwe leer ken. Luister na die Woord:
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Kinders van God? Dis mos familie!
Onthou, Dit is nie God wat eensydig sommige mense selekteer en hulle uitverkies om Sy familie te wees nie -
Is u al familie? U kan familie word. Maklik. Sonder bohaai. Sommer nou.
Laat weet ons dan bid ons saam met u.
Onthou: Ons verkondig nie dat die Bybel die waarheid is nie, maar o wee, indien u wel agterkom dat alles wat in die Bybel staan tog waar is en u kom dit eers agter vyf minute na u dood. Wat dan?

Thursday, February 5, 2009

God soek ons gebede


06-02-2009
GOD SOEK ONS GEBEDE
Dagstukkie deur Lowell Lundstrom
Johannes 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Houdini was die grootste ontsnapkunstenaar in die geskiedenis, maar eenkeer het hy amper sy rieme styfgeloop.
Hy het altyd gespog dat hy uit enige tronk sal ontsnap op voorwaarde dat hy opgesluit word met sy werksklere aan en dat hy in absolute privaatheid sy ding kon doen.
Die mense van ‘n klein Engelse gemeenskap was besonder trots op hulle spesiaal geboude tronk en om te bewys dat niemand uit daardie tronk kan ontsnap nie het hulle die veelgeroemde Houdini genooi om daaruit te probeer ontsnap.
So gesê so gedaan. Houdini het daar aangekom met groot vertoon. Die beamptes het hom opgesluit met sy werksklere aan en hom alleen gelaat soos hy versoek het.
Sommer dadelik spring die meester aan die werk. Hy het vir 30 minute gewerk, maar geen hondhaaraf gemaak nie. Hy het begin sweet en was later so uitgeput, maar steeds kon hy nie slot oopkry nie.
Uiteindelik na twee ure se werk was hy so opgewerk. Hy was so fisies en geestelik uitgeput dat hy sommer inmekaar sak van uitputting en teen die deur aan val en daar swaai die deur oop. Dit was nooit gesluit nie. Die amptenare het hom bevark.
Die enigste plek waar die tronkdeur gesluit was, was in Houdini se verstand/bewussyn. Hy kon nie die deur oopkry nie. In sy gedagte wêreld was die deur gesluit.
Dieselfde beginsel is so waar van baie mense. Ons is so vasgevang in beperkende gewoontes en denkrigtings sodat ons net eenvoudig nie ‘n oorvloedige lewe kan lei nie.
Dit is hoekom Jesus gesê het: Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Ons is verstandelik gebonde wanneer dit by ons gebedslewe kom. Van die begin van die skepping af weet ons nog steeds nie hoe om tot ons Skepper te nader nie. Dit is hoekom Jesus se disippels vir Hom gevra het” Luk 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.

Baie van ons bevraagteken gebed. God is mos almagtig, lief vir almal en die goedheid self; hoekom is dit dan nodig om nog te bid. Hy ken en weet mos nog voordat ons Hom vra. Hoekom moet ons dan nog bid ook. Een teksvers in die Bybel klaar hierdie saak op. Luister: Openbaring 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

The Laughing Jesus


06-02-2009
WIE IS JESUS REGTIG VIR JOU?
Dagstukkie deur Ds Hannes Haggard NG Kerk Hennenman-Oos
Mat 2:2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.
Mat 2:3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;
Mat 2:8 en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.
Sou ‘n Moslem vandag vir jou vra: “So what is this Merry Christmas and this Jesus-thing you are talking about. Who is Jesus?” Die beste antwoord sal dalk volgens Jesus se riglyn wees. Onthou: Woorde wek, maar voorbeelde strek.
Die saligsprekinge van Jesus is Matteus 5:1-16 is ‘n goeie antwoord. Luister:
Mat 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Mat 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Mat 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

En nou, jy wat jou self ‘n Christen noem, wie is Jesus vir jou? In Miga 5:1 staan die volgende:
Miga 5:2 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Hy is dus ‘n Heerser, ‘n Leier wat hier op aarde ‘n skaapwagter, ‘n herder gaan wees.
Ons moet onthou dat die sterrekundiges heidenne was. Dalk het hulle voorheen kontak gehad met die ou Jode in ballingskap in Babilon.
Daar is ‘n ou Joodse legende wat as volg lui: Twee Joodse Rabbis het oor die onderwerp geargumenteer: “Het Jesus al in die wêreld gekom?” Een van hulle kyk toe deur die venster na buite en vra die vraag: “Kyk hoe lyk die wêreld. Is Jesus dan gebore?”
Nou moet ons ook vanoggend deur die venster kyk en vir onsself afvra; “Is die Jesus regtig gebore?”
Kyk ons na die dagblaaie/koerante, luister ons na die nuusbulletins, kyk na ons huwelike, kyk ons na ons eie gemeente, kan ons tereg ook die vraag vra; “Is Hy gebore? Het die Messias gekom?
Kom ons skep ‘n beeld: Wanneer ons so na die kerstyd, die partytjies, die baie eet en dalk drink , wanneer ons kyk na die hope vuil skottelgoed, die oorskietkos in die yskas, het daar regtig veel verander hierdie Kerstyd? Wat het hierdie kersfees is ons dorp, ons land, die wêreld verander?
Ja, wie is Jesus regtig? Op kersdag het ons gelees uit Johannes 1 die volgende: Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Hy het dus onder ons kom tent opslaan. Wat het verander? Die digter George Weideman dig tereg in sy bundel: Son op die solder, dat ons gerieflikheidshalwe vir Jesus op die solder gaan wegsteek het.
Die magsbehepte Herodus was bang vir hierdie Jesus en het seuntjies twee jaar en jonger laat doodmaak. God sorg vir my. Waarvan lewe ek, waarvoor lewe ek? Lewe ons soos Herodus, wat nie sy mag wou prysgee nie, net vir myself? Die groot vraag is: Waarvoor gaan ek in die nuwe jaar lewe, myself?
Dan was daar die priesters. Siende blind en horende doof. Ons kry mos die “insiders” en die “outsiders. Die “insiders” kyk Jesus mis. Sy eie broers, die skrifgeleerdes het min verstaan , het nie geweet nie. Die buitestanders soos die melaatses, die tollenaars het Jesus herken en in Hom geglo.
Ons wat as kerkmense groot geword het; wie is Jesus vir ons? Nou wat sien die Moslem?
‘n Jong seun by die petrolpomp maak die opmerking teenoor dominee: “Ons kom nie altyd lekker met mekaar oor die weg nie.” Jesus leef soos vir die sterrekykers. Hulle het gekniel en Hom aanbid.
Wattter kerk in ons land groei vandag die vinnigste? Is dit nie die klein groepies onder die bome nie? Laat Jesus vandag toe om in ons lewe te kom. Maak in die nuwe jaar iets van Christus bekend. Laat daar in my hart ‘n aangename lied wees, aangename gedagtes. Laat ons denke aan die Here oor, ons planne, bring dit vir die Here. Ons besigheid, ons plase, die nuwe skooljaar, ons dorp, ons land, kom ons sit dit in Jesus se hande. Sal U my lei?

Tuesday, February 3, 2009

Pasop vir die opslagbal


03-02-2009

PASOP VIR DIE OPSLAGBAL

Dagstukkie deur Past Joel Osteen

1Petrus 1:6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
1Petrus 1:7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;

Almal van ons loop soms deur onder teleurstellings en terugslae. Die lewe is vol van goeters wat ons probeer onderkry.
Die mag wees dat ons bitter slegte nuus ontvang het oor ons gesondheid. ‘n Verhouding het dalk nie uitgewerk nie. Dalk het u u werk verloor. Dit was ‘n terugslag, ‘n opslagbal.
Wanneer ons deurloop onder daardie terugslae (Die opslagbal) is dit so maklik om ontmoedig, sommer plain mismoedig te word of om ons entoesiasme te verloor.
Te dikwels word ons versoek om sommer boedel oor te gee. “So what?” Maar wanneer ons God op Sy beste wil sien, moet ons net eenvoudig daardie spreekwoordelike opslagbal trotseer.
Dit beteken wanneer ons platgeslaan word deur die dinge, moenie bly lê nie, staan weer op. Dit beteken dat wanneer die teleurstellings kom, skud dit af soos water van ‘n eend se rug wetende daardie goed waarmee die vyand bedoel het om ons bitter seer te maak, gaan God omdraai en gebruik tot ons beswil.
Wanneer ons ‘n opslagbal trotseer het, weet ons dat teenstand nie vir altyd is nie. Om bitter te huil mag net een nag duur, maar ons weet blydskap kom weer môre-oggend.
Weet dit; daar wag ‘n wonderlike blydskap vorentoe aan die anderkant van hierdie bittere smart. Bly staande, bly in geloof en trotseer die opslagbal, want onthou ons is net eenvoudig beter daaraan toe as voorheen. (Onthou vir ou Job.)
Ons styg hoër uit en ons sal ons lotsbestemming vervul wat God vir ons het.

GEBED VIR VANDAG:
Onse hemelse Vader, ek verkies om my oog op U gevestig te hou. Ek weet dat u dinge in my guns sal swaai. Ek verkies om staande te bly en in U beloftes te glo. Dankie vir U getrouheid in my lewe. In Jesus se wonderlike Naam.

Monday, February 2, 2009

Stir up your dreams

Stir up your dreams
02-02-2009

Roer bietjie jou drome om!

Dagstukkie deur Past Joel Osteen

2Timoteus 1:6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.

Benodig u so ‘n bietjie nuutheid/varsheid in u lewe vandag? Dan is dit waarskynlik tyd om dit wat God in u binneste geplaas het so ‘n bietjie om te roer soos ons pap in pappot omroer sodat dit nie aanbrand nie.
Ja, dit is tyd om daardie gawes, daardie drome, daardie talente binne u ‘n bietjie om te roer. Ja, rek so ‘n slag uit. U is veronderstel om die drome, die begeertes wat God in u hart geplaas het uit te leef.
Die Skrif leer ons dat ons sonder ‘n visie, sonder verbeeldingskrag net eenvoudig doodgaan. Wanneer ons nie ‘n droom het nie, lewe ons nie soos god bedoel het ons moet lewe nie.Ons bestaan dan maar net.
Eens op ‘n tyd mag ons dalk drome gehad het, maar toe kom die beproewinge, terugslae en teleurstellings. Dinge het net nie uitdraai soos ons beplan het nie. Maar hier is die sleutel: Wanneer een dream doodgaan, droom net eenvoudige ‘n volgende droom.
Ja, net omdat ons drome nie uitgewerk het nie beteken nie God het nie ‘n ander plan nie. Ons kan net eenvoudig nie toelaat dat een teleurstelling of selfs ‘n reeks teleurstellings ons oortuig dat ons droom is iets van die verlede. Nee!
Dit is waaragtig tyd om ysterkloue in die grond te slaan en krampagtig vas te klou aan die beloftes in onse harte.
Ja, wanneer ons weer daardie Godgegewe drome en begeertes omroer, sal Hy Sy guns en seëninge oor ons uitgiet en elke begeerte in ons hart vervul.

GEBED VIR VANDAG.

Onse Vader in die hemel ons kom in nederigheid na U. Ek gee my verlede, my teleurstellings, my gebrokenheid oor aan U. Vul my asseblief met nuwe hoop en verwagtinge en gee my die drome en begeertes wat U vir my in pag hou. In die lieflike Naam van Jesus Christus. Amen