Thursday, February 5, 2009

God soek ons gebede


06-02-2009
GOD SOEK ONS GEBEDE
Dagstukkie deur Lowell Lundstrom
Johannes 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Houdini was die grootste ontsnapkunstenaar in die geskiedenis, maar eenkeer het hy amper sy rieme styfgeloop.
Hy het altyd gespog dat hy uit enige tronk sal ontsnap op voorwaarde dat hy opgesluit word met sy werksklere aan en dat hy in absolute privaatheid sy ding kon doen.
Die mense van ‘n klein Engelse gemeenskap was besonder trots op hulle spesiaal geboude tronk en om te bewys dat niemand uit daardie tronk kan ontsnap nie het hulle die veelgeroemde Houdini genooi om daaruit te probeer ontsnap.
So gesê so gedaan. Houdini het daar aangekom met groot vertoon. Die beamptes het hom opgesluit met sy werksklere aan en hom alleen gelaat soos hy versoek het.
Sommer dadelik spring die meester aan die werk. Hy het vir 30 minute gewerk, maar geen hondhaaraf gemaak nie. Hy het begin sweet en was later so uitgeput, maar steeds kon hy nie slot oopkry nie.
Uiteindelik na twee ure se werk was hy so opgewerk. Hy was so fisies en geestelik uitgeput dat hy sommer inmekaar sak van uitputting en teen die deur aan val en daar swaai die deur oop. Dit was nooit gesluit nie. Die amptenare het hom bevark.
Die enigste plek waar die tronkdeur gesluit was, was in Houdini se verstand/bewussyn. Hy kon nie die deur oopkry nie. In sy gedagte wêreld was die deur gesluit.
Dieselfde beginsel is so waar van baie mense. Ons is so vasgevang in beperkende gewoontes en denkrigtings sodat ons net eenvoudig nie ‘n oorvloedige lewe kan lei nie.
Dit is hoekom Jesus gesê het: Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Ons is verstandelik gebonde wanneer dit by ons gebedslewe kom. Van die begin van die skepping af weet ons nog steeds nie hoe om tot ons Skepper te nader nie. Dit is hoekom Jesus se disippels vir Hom gevra het” Luk 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.

Baie van ons bevraagteken gebed. God is mos almagtig, lief vir almal en die goedheid self; hoekom is dit dan nodig om nog te bid. Hy ken en weet mos nog voordat ons Hom vra. Hoekom moet ons dan nog bid ook. Een teksvers in die Bybel klaar hierdie saak op. Luister: Openbaring 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

No comments:

Post a Comment