
GEBED BEREI ONS VOOR OM SAAM MET GOD TE REGEER:
Dagstukkie deur Lowell Lundstrom
Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
Luister nou baie mooi. Gebed is die manier waarop ons die duiwel se versoeking kan weerstaan. Net dit. Maar daarby is dit ook die manier waarop ons voorberei vir ons toekomstige rolle as mede-heersers saam met Jesus Christus.
Jesus het dan self ook gesê: Aan oorwinnaars sal posisies van leiers op Sy troon gegee word. Ons kyk meestal hierdie waarheid mis. Ons sondes is vergewe en ons weet ons is oppad hemel toe, maar wat ons nie besef nie is dat Jesus ons voorberei vir Sy troon.
Jesus het vir Sy dissipels vertel: Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
So het die apostel Johannes op die eiland Patmos ‘n visie gesien van ons toekomstige hemel. Luister wat skryf hy: Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Dink vir uself in, wat ‘n opwindende status – OM SAAM MET JESUS TE REGEER? Ja, met toegang tot al God se kennis en bronne en tyd.
Die apostel Paulus sê tereg: 1Korintiërs 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 1Korintiërs 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Wanneer ons besef dat ons finale bestemming/lot in die ewigheid die troon van God is, dat God ons voorberei om ‘n bewindvoerder saam met Jesus Christus te wees, dan, hoor hier, SAL ONS DIE BELANGRIKHEID VAN GEBED SIEN!
Ja, gebed berei ons voor vir ons posisie in die hemel. Ons gespook geestelike teenstand, maak ons wyser en sterker.
Onthou: Soos ons in gebed veg teen die vyande van duisternis, so word ons al beter toegerus vir die troon. Halleluja!!!
No comments:
Post a Comment