Showing posts with label Dagstukkies. Show all posts
Showing posts with label Dagstukkies. Show all posts

Sunday, February 8, 2009

Praat met jou berg


PRAAT MET JOU BERG

Dagstukkie deur Past Joel Osteen

Mat 21:21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.

Ons almal beleef tye wanneer die uitdagings van hierdie lewe voel of dit ons strot toedruk. Gedurende daardie tye word ons tog so maklik versoek om te praat oor hoe vrotsig dit met ons gaan. Dit mag wees dat een van ons dalk ‘n verdoemende mediese verslag ontvang het of ons kom te staan voor ‘n yslike finansieële dilemma, maar dit is so dat hoe meer ons oor ‘n saak bly praat hoe groter word dit in ons gedagtewêreld.
Ons raad is: “Slaan ysterkloue in die grond my maat!” Sê dit vir jouself: Nee, ek gaan nie lê nie! Nee, ek gaan nie die siekte oor myself spreek nie! Nee, ek gaan nie oor tekortkominge praat nie! Nee, ek gaan na geen bangmaakstorie luister nie!
Nee, ek verkies om ‘n gans ander verslag te hoor. Ek glo in God se verslag wat lui: Ek is geseënd, ek is word bevoordeel, ek is voorspoedig, ek is gesond, ek is heel, ek is ‘n oorwinnaar en nie ‘n armsalige slagoffer nie. (A victor and not a victim.)
Onthou net dit: Al sien jy nie nou hoe dinge ooit gaan uitwerk vir jou nie, GOD WEET HOE.
Praat met daardie berg van jou wat jou lewe versuur en verklaar oorlog teen dit en soek guns oor daardie omstandighede. Hier,s goeie raad. Instede daarvan om met God te praat oor hoe groot jou probleme is, praat liewer met jou probleme oor hoe groot jou God is.
Wanneer ons met daardie berg begin praat dan is dit asof dit begin beweeg en dit sal beweeg. En kort voor lank sal ons vorentoe gaan in die volslae oorwinning wat net God vir ons gereedgemaak het.

GEBED VIR VANDAG: Onse Hemelse Vader, dankie vir U Woord wat lewe is vir my siel. Ek ontvang U sterkte vandag en verkies om liewer met my berg te praat sodat ek kan voortgaan in oorwinning, daardie oorwinning wat U vir my gereed hou. In Jesus se lieflike Naam. Amen

Saturday, February 7, 2009


GEBED BEREI ONS VOOR OM SAAM MET GOD TE REGEER:

Dagstukkie deur Lowell Lundstrom

Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Luister nou baie mooi. Gebed is die manier waarop ons die duiwel se versoeking kan weerstaan. Net dit. Maar daarby is dit ook die manier waarop ons voorberei vir ons toekomstige rolle as mede-heersers saam met Jesus Christus.

Jesus het dan self ook gesê: Aan oorwinnaars sal posisies van leiers op Sy troon gegee word. Ons kyk meestal hierdie waarheid mis. Ons sondes is vergewe en ons weet ons is oppad hemel toe, maar wat ons nie besef nie is dat Jesus ons voorberei vir Sy troon.

Jesus het vir Sy dissipels vertel: Lukas 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

So het die apostel Johannes op die eiland Patmos ‘n visie gesien van ons toekomstige hemel. Luister wat skryf hy: Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Dink vir uself in, wat ‘n opwindende status – OM SAAM MET JESUS TE REGEER? Ja, met toegang tot al God se kennis en bronne en tyd.

Die apostel Paulus sê tereg: 1Korintiërs 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 1Korintiërs 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Wanneer ons besef dat ons finale bestemming/lot in die ewigheid die troon van God is, dat God ons voorberei om ‘n bewindvoerder saam met Jesus Christus te wees, dan, hoor hier, SAL ONS DIE BELANGRIKHEID VAN GEBED SIEN!

Ja, gebed berei ons voor vir ons posisie in die hemel. Ons gespook geestelike teenstand, maak ons wyser en sterker.

Onthou: Soos ons in gebed veg teen die vyande van duisternis, so word ons al beter toegerus vir die troon. Halleluja!!!

Friday, February 6, 2009

Vyf minute na die dood - Dr Isak Burger

Net iets kosbaars uit Dr Burger se boek:
Jy kan net vertel dat jy iemand ken as daardie persoon jou ook ken. Anders weet jy net van hom; jy ken hom nie! Ons praat mos nie die waarheid as ons vertel dat ons iemand ken, maar daardie persoon ken ons nie.
God het ons geskape en Hy weet van dat Hy so iemand geskape het, maar ken Hy jou? Onthou Hy het nie jou naam vir jou gegee nie, jou ouers het.
Die beste en veiligste manier om seker te maak dat God jou ken, is om familie van God te word. Dit is dan wanneer Hy ou Gerrie van Zyl, ou Koos van der Merwe leer ken. Luister na die Woord:
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Kinders van God? Dis mos familie!
Onthou, Dit is nie God wat eensydig sommige mense selekteer en hulle uitverkies om Sy familie te wees nie -
Is u al familie? U kan familie word. Maklik. Sonder bohaai. Sommer nou.
Laat weet ons dan bid ons saam met u.
Onthou: Ons verkondig nie dat die Bybel die waarheid is nie, maar o wee, indien u wel agterkom dat alles wat in die Bybel staan tog waar is en u kom dit eers agter vyf minute na u dood. Wat dan?

Monday, February 2, 2009

Dagstukkie vir vandag


Het u al ooit na ‘n groot en eeue oue akkerboom gestaan en kyk en gewonder hoe lank staan dit al regtig daar en watse stories dit alles kan vertel.
Dit is wonderlik om net te dink dat eens op ‘n tyd moes hierdie reusagtige boom ook net ‘n saadjie gewees het. Freaky né?
Net so is ons woorde en ons handelinge ook saadjies of sade en hoor hier; ons sal altyd ‘n oes insamel van dit wat ons gesaai het. Ons sal tog nie sonneblom oes wanneer ons mielies gesaai het nie. Ons weet dit mos alte goed. Ons praat nou nie van opslagsonneblom nie.
Hoor hier! Wat saai ons in die lewens rondom ons? Million dollar question? Ja, wat saai ons in ons toekoms?
Saai ons miskien bemoediging, hoop, seëninge en bes moontlik, liefde?
Nou ja, dit is presies wat ons gaan oes êrens in die toekoms. WOW!!
Maar en dit is ‘n groot maar, as ons kritiek, veroordeling en woede gesaai het, verseker sal ons moontlik of het ons reeds die wrange vrugte van dit wat ons gesaai het begin pluk. Ons sê so maklik; Dis nie fair nie, maar dan vergeet ons gerieflikheidshalwe wat ons in ons verlede gesaai het.
Waaragtig dit is nou tyd om ons saad te verander.
Bid asseblief vandag dat God ons help om die negatiewe saad wegsmyt en begin saai dan net goeie saad vir die toekoms, u toekoms, my toekoms.
Hou die lig van God se Woord brandend op jou saad. Spreek God se Woord. Laat toe dat die vars bergstroompies van God se liefde oor jou spoel. Dit is so salig!
Hou voortdurend aan om die goeie saad van geloof te plant. Binnekort sal ons groei sien en dit wat God belowe oes en so geniet. Spectacular?

Gebed vir vandag:

Vader in die hemel, ek verkies om my hart te bewaar en om goeie saad vir my toekoms te plant, nog vandag. Help my asseblief deur U Gees, om dinge te sê en te doen wat net tot U eer strek. Gebruik my ook tot U eer. In Jesus se Naam. Amen……