Monday, February 2, 2009

Dagstukkie vir vandag


Het u al ooit na ‘n groot en eeue oue akkerboom gestaan en kyk en gewonder hoe lank staan dit al regtig daar en watse stories dit alles kan vertel.
Dit is wonderlik om net te dink dat eens op ‘n tyd moes hierdie reusagtige boom ook net ‘n saadjie gewees het. Freaky né?
Net so is ons woorde en ons handelinge ook saadjies of sade en hoor hier; ons sal altyd ‘n oes insamel van dit wat ons gesaai het. Ons sal tog nie sonneblom oes wanneer ons mielies gesaai het nie. Ons weet dit mos alte goed. Ons praat nou nie van opslagsonneblom nie.
Hoor hier! Wat saai ons in die lewens rondom ons? Million dollar question? Ja, wat saai ons in ons toekoms?
Saai ons miskien bemoediging, hoop, seëninge en bes moontlik, liefde?
Nou ja, dit is presies wat ons gaan oes êrens in die toekoms. WOW!!
Maar en dit is ‘n groot maar, as ons kritiek, veroordeling en woede gesaai het, verseker sal ons moontlik of het ons reeds die wrange vrugte van dit wat ons gesaai het begin pluk. Ons sê so maklik; Dis nie fair nie, maar dan vergeet ons gerieflikheidshalwe wat ons in ons verlede gesaai het.
Waaragtig dit is nou tyd om ons saad te verander.
Bid asseblief vandag dat God ons help om die negatiewe saad wegsmyt en begin saai dan net goeie saad vir die toekoms, u toekoms, my toekoms.
Hou die lig van God se Woord brandend op jou saad. Spreek God se Woord. Laat toe dat die vars bergstroompies van God se liefde oor jou spoel. Dit is so salig!
Hou voortdurend aan om die goeie saad van geloof te plant. Binnekort sal ons groei sien en dit wat God belowe oes en so geniet. Spectacular?

Gebed vir vandag:

Vader in die hemel, ek verkies om my hart te bewaar en om goeie saad vir my toekoms te plant, nog vandag. Help my asseblief deur U Gees, om dinge te sê en te doen wat net tot U eer strek. Gebruik my ook tot U eer. In Jesus se Naam. Amen……